Linaria Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Linaria Beach House is oorkant die strand in Britanniabaai. Dié vakansiehuis is ideaal vir 'n groep van 10 persone op soek na 'n rustige wegbreek.

Die huis is ten volle gemeubileer en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n dubbelwasbak. Dié kamer het ook 'n TV en maak oop op 'n stoep. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, die derde het 'n dubbelbed en die vierde het 'n dubbelbed en stapelbed.

Die selfsorgkombuis het oorgenoeg ingeboude kaste, asook 'n opwaskamer met 'n ekstra mikrogolfoond en 'n wasmasjien. Die oopplan-sitkamer en -eetkamer het albei platskerm-TV's met die volledige DStv. Die eetarea het 'n ingeboude braai met 'n afspoelwasbakkie langsaan.

'n Tafeltennis-tafel, veerpyltjiebord, speelkaarte en bordspeletjies is gratis tot gaste se beskikking. Gaste moet net hulle eie veerpyltjies, tafeltennis-rakette en -balle saambring. Die huis het 'n dubbelmotorhuis met outomatiese deure, asook ekstra parkeerplek vir nog 1 voertuig. Die perseel word beveilig deur 'n alarmstelsel met gewapende reaksie.

Linaria Beach House is net 'n paar minute se ry vanaf 'n plaaslike Spar, hardewarewinkel, drankwinkels en 'n apteek.

Slaapplek

'n Bespreking by Linaria Beach House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Linaria Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 800 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za