LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Linga Longa Beach House | LekkeSlaap
+18

Linga Longa Beach House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Milkwoodweg, The Island, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 800 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Linga Longa Beach House is 'n bekoorlike selfsorghuis wat op Die Eiland in Groot-Brakrivier geleë is. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby die strand en ander besienswaardighede op die Tuinroete.

Dié ruim huis is smaakvol versier en bestaan uit 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Die slaapkamers het elk 'n dubbelbed en die hoofslaapkamer en tweede kamer het elk 'n en suite-badkamer. Die derde kamer het 'n aparte badkamer. Die beskutte stoep is oopplan en het slaapplek vir 4 volwassenes in aparte beddens. Die kombuis is volledig toegerus en beskik oor 'n yskas, 'n diepvrieskas, mikrogolfoond, 'n oond met 'n stoof, 'n skottelgoedwasser, oorgenoeg ingeboude kaste en die nodige eetgerei.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt, so jy is meer as welkom om jou dekodeerder en slimkaart te bring. Die leefarea het deure wat lei na die dek, waar braaigeriewe en 'n buite-stort is. Die huis het ook 'n beskutte veranda vanwaar die lieflike uitsigte oor die omgewing geniet kan word.

Parkeerplek is beskikbaar op die perseel en goed gemanierde troeteldiere is welkom, daar is 'n heining om die perseel. Linga Longa Beach House is stapafstand van die strand af. Ons is ook naby verskeie ander strande, winkels, restaurante en verskeie binnemuurse en buitemuurse doendinge.

Slaapplek

’n Bespreking by Linga Longa Beach House sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 4 persone
4 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Milkwoodweg, The Island, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 800
per nag (plek vir 10)
Vanaf R2 800
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Milkwoodweg, The Island, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZjMDYxNGE5LWY0NGYtNDY4NC05MTJhLTdmNzQ5NzkzZTg0NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 800  per nag (plek vir 10) 42 Milkwood Road The Island 6525 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.054033095571 22.239712751976
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!