Linquenda Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Linquenda is 'n gasteplaas in Lanseria in die Noord-Rand. Ons is in die Wieg van die Mensdom-wêrelderfenisgebied geleë en ons noem hierdie stuk aarde al vir 75 jaar lank ons tuiste. Die plaas is ideaal geleë binne 5 minute se ry vanaf Lanseria Internasionale Lughawe (waar jy kan vlieg na en vanaf Durban en Kaapstad). Ons is ook naby besienswaardighede en die Hartbeespoortdam, so dis ideaal vir enige reisiger.

Linquenda Guest Farm het slaapplek vir tot 16 mense: 1 selfsorg-eenheid met slaapplek vir 6, 1 selfsorg-eenheid met slaapplek vir 4, 1 selforg-suite met slaapplek vir 2, 1 mini-selfsorg-eenheid met slaapplek vir 2, en een houthuisie met selfsorggeriewe en slaapplek vir 2. Elke eenheid beskik oor 'n TV met sekere DStv-kanale asook gratis WiFi. Ons eenhede is ideaal vir oornagverblyf of langer wegbreke. Kom geniet gerus ons hartlike plaas-gasvryheid.

Doendinge op die plaas sluit 'n perdryroete en 'n staproete in (dit gaan gepaard met ekstra kostes).

Let asseblief daarop dat die gasteplaas via 'n grondpad bereik word. Die pad op die perseel is ook nie geteer nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wildritte

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

KaartMeer oor die omgewing 

Gaste wat na Linquenda Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za