Lion's Den

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

By Lion's Den Gastehuise is by Estellestraat 31 (Lion's Den 1) en op die hoek van Witbos- en Wattlestraat (Lion's Den 2, 3 en 4) in Witbank, geleë. Hier kan jy staatmaak op vreedsame, privaat, gemaklike en vriendelike verblyf. Hier is ten volle toegeruste selfsorg-geriewe beskikbaar en etes kan ook bedien word indien vooraf gereël.

Kamertipes:

Lion's Den 1: Selfsorg-eenheid met slaapplek vir 2 gaste elk. Daar is 'n koningingrootte-bed en driekwartbed, kombuisie, eetkamer, slaapkamer en 'n en suite-badkamer - jy sal wens jy kon langer bly. Die selfsorg-eenhede het eksklusiewe DStv en volledig toegeruste kombuise. Dit word daagliks skoongemaak, behalwe oor naweke. Onderdakparkering is beskikbaar.

Lion's Den 2: Selfsorg-eenheid met slaapplek vir 2 gaste met 'n dubbelbed en 'n slaapbank. Daar is 'n kombuis, eetkamer, slaapkamer en 'n en suite-badkamer - jy sal wens jy het langer gebly. Die selfsorg-eenhede het ekslusiewe DStv en volledig toegeruste kombuise. Dit word daagliks skoongemaak, behalwe oor naweke indien aangevra. Privaat parkering is beskikbaar.

Lion's Den 3: Semi-Selfsorg-eenheid met slaapplek vir 2 gaste. Daar is 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die kombuisie het 'n mikrogolfoond, yskassie en koffiemaakgeriewe. Veilige parkering is beskikbaar.

Lion's Den 4: Gastekamers met slaapplek vir 2 tot 3 gaste met 'n dubbelbed en driekwartbeddens, aparte badkamers. Elke kamer het 'n mikrogolfoond, yskassie, koffiemaakgeriewe en eksklusiewe DStv.

Ons is naby aan restaurante, die gimnasium en hospitale geleë. Gaste het ook toegang tot die winkelsentrum en hoofpaaie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Kantoorgeriewe
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lion's Den gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R830 R747 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za