Lions Valley Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lions Valley Private Game Lodge bied gerieflike verblyf.

Ons bied verblyf in eksklusiewe, vrystaande grasdak-suites om jou ware privaatheid te bied. Die 10 suites is op beeldskoon ontwerp en gebou met natuurlike boumateriale wat plaaslik bekom is. Elke suite het 'n elegante en smaakvolle tema en elkeen is ontwerp met areas waar jy werklik kan ontspan, insluitend 'n sitarea met 'n kaggel en 'n kroegie.

Ons het voorsiening gemaak vir elke gerief moontlik, van die luukse slaapkamers met inloopkaste tot die badkamers met 2 ontwerpersbaddens wat jou uitnooi om lank en behaaglik te week. Daar is dubbelstorte in die badkamer en 'n buitestort vir diegene wat 'n tikkie ekstra betowering onder die Afrika-hemel soek. Gaste kan ontspan en nuwe lewenslus kry in die Jacuzzi buite, of sommer net op hul patio rondlê en die panoramiese uitsigte oor die wildreservaat en watergat geniet.

Die 10 lodge-suites spog met smaakvolle dekor wat die Bird-, Africa-, Ndebele-, Nguni-, Zebra-, Savannah-, Livingstone-, nostalgiese Safari- en Homestead-eenehid insluit, sowel as die Romance-suite wat die toppunt van enige wittebrood sal wees.

Elke suite bevat ook geriewe soos 'n elektroniese digitale kluis, 'n haardroër, kamerjaponne, 'n kaggel, voorsien van houtstompe van die reservaat, verhitte handdoekrelings en elektriese muurproppe wat vir 220 volt voorsiening maak. Daar is ook plafon- en staanwaaiers vir die somer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lions Valley Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R7 070 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false