Little Acre Luxury Pods
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R46, Waverley Hill Organic Wines and Olive Estate, Wolseley, 6830, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R2 650 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Little Acre Luxury Pods bied gerieflike oornag- en selfsorgverblyf op die skilderagtige Waverley Hill Organic Wines and Olive Estate sowat 20 km vanaf Tulbagh en 7 km vanaf Wolseley. Dit is ideaal vir 'n romantiese wegbreek vir paartjies aangesien 'n mens deur die glasplafon kan sterrekyk.
Verblyf word in 3 Luxury Pods gebied en elkeen bied slaapplek aan 2 gaste. Elke pod-eenheid het 'n gemaklike bed, sagte duvet, skoon linne en 'n privaat ingang. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die eenhede het elk 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n etenstafel met sitplek vir 2 toegerus is.
Dit lei na 'n houtdek met buitemeubels, braaigeriewe en 'n houtvuurwarmbad met 'n manjifieke berguitsig. Daar is ook 'n restaurant en 'n wynproe-lokaal op die perseel en gaste is welkom om die plaas te verken.
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Wynkelder
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- R46, Waverley Hill Organic Wines and Olive Estate, Wolseley, 6830, Wes-Kaap
- Gaste dink Little Acre Luxury Pods het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R46, Waverley Hill Organic Wines and Olive Estate, Wolseley, 6830, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18