Little Artist Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Little Artist Cottage is in die dorpie Sutherland geleë. Die kothuisie is tipies van die Karoo-styl, maar is modern oorgedoen sonder om die Karoo-gevoel te verloor. Little Artist Cottage is klein, snoesig en romanties en is ideaal vir 2 gaste.

Dié oopplan-kothuis bestaan uit 'n kombuisie, slaaparea, sitkamertjie met 'n Dover-oondjie vir daardie koue aande. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die slaaparea het 2 driekwartbeddens.

Die kombuisie is met 'n tweeplaatstoof, oondjie, yskassie, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Buite is daar 'n vuurput vir braai waar gaste die sterre kan gadeslaan. Daar is ook 'n klein etenstafeltjie.

Beddegoed, handdoeke, 1 kissie hout en 1 blokkie blits word voorsien.

Slaapplek

'n Bespreking by Little Artist Cottage sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Little Artist Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za