Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Little Forest Farm

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buffelsfontein-rylaan, Maanhaarrand, Magaliesburg, 1790, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Little Forest Farm bied ontspannende plaasverblyf, net oor ’n uur se ry vanaf Johannesburg en Pretoria. Hierdie wegbreek is in die Magalies-area en hier kan gaste ’n passie vir kos, die natuur, ontwerp en ’n plaasleefstyl ervaar. Gaste het toegang tot die plaas waar hulle rustig deur die woud na die dam kan stap, of die gasheer kan ’n piekniek reël.

Verblyf word in ’n solderwoonstel, 'n tuinsuite en kothuis aangebied. Dit het ’n aparte ingang en ’n groot patio op die dak wat uitsigte oor die area bied. Die sonsondergange is pragtig en dit is die ideale plek om skemerkelkies te geniet.

Die solderwoonstel bied verblyf aan tot 4 gaste. Die hoofkamer lei na die patio en het ’n oopplan-uitleg. Dit het ’n koningingrootte-bed en ’n oopplan-kombuisie, -eetarea en -leefarea. Die kombuisie is geskik om ligte etes voor te berei en is met ’n tweeplaat-gasstoof, yskassie, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het ’n etenstafel met 4 stoele. Die leefarea het ’n bank in ’n L-vorm en ’n koffietafel. Op die boonste verdieping is daar ’n mezzanine, solder-styl slaapkamer met ’n dubbelbed.

Die tuinsuite is deel van die hoofhuis op die grondverdieping en dit het 'n aparte ingang en 'n en suite-badkamer. Dit het 'n yskassie, gasplaat en 'n ketel. Dis nie geskik vir selfsorg nie, tensy dit saam met die solderwoonstel bespreek word.

Die kothuis is 'n losstaande selfsorgeenheid met slaapplek vir 6 gaste. Dit het 'n oopplan-uitleg met 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatgasstofie, yskassie, ketel, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n kaggel en onderdakstoep met braaigeriewe.

Die plaas is glad nie op die plaaslike kragnetwerk nie, en gebruik sonkrag en ’n boorgat wat se water van uitstekende gehalte is. Toestelle soos 'n elektriese ketel, haardroër en verwarmer word nie toegelaat nie. Die kamers het dus nie mikrogolfoonde nie. 'n Septiese tenk word gebruik so gaste mag niks anders as toiletpapier in die toilet af spoel nie. Daar is ’n houtvuur-donkie wat warm water voorsien en die gedeelte waarin die vuur gemaak word werk ook as ’n houtvuur-oond om in te bak.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Little Forest Farm
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Rodney Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Jaar gelys 2

Ligging

  • Buffelsfontein-rylaan, Maanhaarrand, Magaliesburg, 1790, Noordwes
  • Gaste dink Little Forest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Bojanala Noordwes
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buffelsfontein-rylaan, Maanhaarrand, Magaliesburg, 1790, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8f1fff559a9529610c92abb28aecb08a0b94dec168a8d9ad7cc846222b08c31a9c4c6fb200e5c5e5a5726b92e03c97c98758?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 1 5 1 5 Buffelsfontein Drive Maanhaarrand 1790 Noordwes 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.95531035803 27.37764186476
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem