Living the Breede - Wooden House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Living the Breede - Wooden House is 'n ruim dubbelverdiepinghouthuis reg teen die water in Malgas. Malgas is 'n dorpie aan die Breederivier se oewer en omring deur die Potbergreeks, 30 km suidwes van Swellendam en 280 km of 2,5 uur se ry van Kaapstad af.

Die houthuis het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers. Die eerste, tweede, derde en vierde slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed. Die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n stort in 3 van die badkamers en die vierde badkamer het 'n stort en 'n bad.

Daar is ook 'n ekstra kothuis met slaapplek vir 3 op 3 enkelbeddens, sowel as 'n stort, kombuisie en 'n privaat braai-area teen 'n ekstra koste.

Op die onderste verdieping is daar 'n groot oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond in. Op die boonste verdieping is daar 'n etenstafel met sitplek vir 12, 'n komvenster, ingeboude braai, TV en 'n kombuisie met 'n yskassie.

Die huis het 'n tuin met ingeboude braaigeriewe en buitemeubels, en sy eie jetty en skeepspoor.

Slaapplek

'n Bespreking by Living the Breede - Wooden House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 6 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Living The Breede - Wooden House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za