Loeriebos Bed and Breakfast

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Loeriebos Bed and Breakfast is in Westville, een van Durban se voorstede, sowat 20 km van die middestad af. Die Palmiet Natuurreservaat en die Westelike Binnelandse Roete is in hierdie omgewing. Loeriebos is ideaal vir mense wat smag na 'n rustige wegbreek.

Ons bied akkommodasie vir 10 gaste in 4 gerieflike kamers. Elke kamer het 'n enkelbed of 'n dubbelbed, en 'n en suite-badkamer met 'n stort of bad. Geriewe in die kamer sluit 'n TV met sekere DStv-kanale en koffie- en teemaakgeriewe in. Die vierde eenheid is ingerig vir selfsorg en het 'n kombuisie met 'n yskassie, mikrogolfoond en 'n stoof.

Daar is 'n swembad, braai-area, WiFi, en veilige parkeerplek op die perseel. 'n Heerlike ontbyt word in die eetkamer of op die dek voorgesit.

Doendinge in die omgewing sluit voëlkyk en begeleide staptogte in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Loeriebos Bed And Breakfast gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 450 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za