The Loerie's View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Loerie's View is 'n selfsorgvakansiehuis in die pragtige en rustige dorp Wildernis. Die huis is na die bekende Knysna Loerie vernoem, wat gewoonlik baie skugter en moeilik is om in sy natuurlike habitat te sien. Die Knysna Loerie kan wel gereeld in die inheemse bos om die huis gesien word wat 'n spesiale uitkykplek het.

Die naam beklemtoon ook die asemrowende see- en berg-uitsigte wat gaste vanuit elke kamer in die huis en ook van al die buitedekke af kan aanskou. Dis perfek vir 'n romantiese wegbreek of net 'n ontspanne, genotvolle vakansie. Ons is binne loopafstand van die swemstrand, strandmeer, gesondheidsentrum en spa, en ook Wildernis se middedorp af waar jy 'n groot verskeidenheid winkels en goeie restaurante sal vind. Jy kan ook wonderlike sonsondergange en natuurskoon van jou eie private dek geniet.

The Loerie's View is sentraal geleë en ideaal om al die wonderlike besienswaardighede en baie sportaktiwiteite te ontdek wat die Tuinroete het om te bied. Gholfliefhebbers sal by meer as 10 fantastiese wêreldklasbane in die omgewing kan speel. By ons kan jy een van die mees skilderagtige vakansiebestemmings in die hartjie van die Tuinroete ervaar.

Slaapplek

'n Bespreking by The Loerie's View sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Loerie's View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za