Loft Villa @ Belvidere Country Estate
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs District-weg D734, Belvidere-plaas, Karkloof, 3291, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Loft Villa @ Belvidere Country Estate is in die ongerepte Karkloofvallei op 'n plaas met 'n lieflike uitsig oor die Karkloofreservaat en weivelde geleë. Dit is ongeveer 24,6 km vanaf Howick en ideaal vir diegene wat 'n rustige wegbreek soek.
Loft Villa @ Belvidere Country Estate is 'n bekoorlike tweeslaapkamerwoonstel met slaapplek vir 4 gaste en elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die badkamer het 'n bad, wasbak en 'n toilet. Skoon linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en het 'n eiland met stoele. Dit lei na die sitarea waar daar gemaklike rusbanke en 'n knus kaggel is. Op die boonste verdieping is daar 'n tweede sitarea.
Die onderdakstoep spog met 'n uitsig oor die groen landskap en het sitplek, 'n ingeboude braai, pizza-oond, groot etenstafel en 'n privaat warmbad.
Die area is ideaal vir bergfietsryers wat op soek is na 'n naweekwegbreek met ongelooflike berguitsigte. Saans sal gaste met die rooijakkals se geroep in die verte insluimer en soggens saam met die koeie se rustige gebulk wakker word.
Slaapplek
’n Bespreking by Loft Villa @ Belvidere Country Estate sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ligging
- Langs District-weg D734, Belvidere-plaas, Karkloof, 3291, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Midlands Meander KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs District-weg D734, Belvidere-plaas, Karkloof, 3291, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom