Lombards Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lombards Guest House bied selfsorg-eenhede en is in Vanrhynsdorp in die Wes-Kaap. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf weg van die gedruis van die stad af in die Namakwaland-streek.

Akkommodasie bestaan uit 9 eenhede wat eiesoortig versier en ingerig is. Die kamers het 'n dubbelbed en enkelbeddens, of 2 enkelbeddens met 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Geriewe wat ingesluit is by dié eenhede sluit 'n TV met sekere DStv-kanale, lugversorging, 'n kombuisie met kooktoebehore en 'n privaat braai-area in.

Die perseel het ook netjiese tuine en daar is veilige parkeerplek. Die dorp is aan die voet van die Maskamberge geleë en is die ideale stopplek om besienswaardighede in die Namakwaland-streek te verken.

Let asb. daarop dat die verblyf nie troeteldiervriendelik is nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lombards Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false