Lombok Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lombok Lodge word deur die eienaar bestuur en is in 'n Indonesiese styl versier. Die lodge bied luukse, gerieflike en ruim verblyf aan die oordeelkundige sakereisiger of toeris. Die lodge is net 200 m van die see en net 'n kort entjie se stap langs die strand af met asemrowende uitsigte oor die Umtentweni-swemstrand en die Port Shepstone-vuurtoring. Lombok Lodge nooi jou uit om te ontspan na 'n bedrywige werksdag, gholf te speel, die vermaak in die omgewing te geniet en die 180º-uitsig oor die oseaan te bewonder.

Ons bied verblyf in skoon, ruim en luukse slaapkamers wat almal gemeubileer is met outentieke Indonesiese meubels en dekor wat direk van Lombok af ingevoer is. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort, 'n privaat ingang en manjifieke see- en brander-uitsigte oor die Indiese Oseaan. Elke kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale, lugversorging en is toegerus met 'n yskas, koffie- en teemaakgeriewe, kluise en haardroërs. Kom slaap soet onder ons skoon wit linne. Badhanddoeke word voorsien en strandhanddoeke kan geleen word.

Gaan stap rond in die rustige, lowerryke buurt en ontspan terwyl jy 'n boek lees in die lapa of afkoel in die swembad. Dolfyne wat baljaar in die branders, die sardyntjieloop en die jaarlikse walvismigrasie is alles duidelik sigbaar van jou balkon of slaapkamervenster af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lombok Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 080 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false