Longbeachview

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Longbeachview is 'n luukse, privaat selfsorg-villa in die voorheuwels van die Silvermine Natuurreservaat wat deel vorm van die Tafelberg Nasionale Park. Dit is net 30 minute se ry vanaf die Kaapse middestad en bied asemrowende uitsigte oor die see en op die berge. Kom geniet die sonsondergang vanaf die terras - dis omtrent 'n bederf!

Hierdie pragtige villa het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-leefarea, -kombuis, -eetarea en -sitarea wat toegang bied tot 'n windbeskutte terrasstoep.

Die hoofslaapkamer het 2 verstelbare Tempur-enkelbeddens wat saamgeskuif kan word om 'n koninggrootte-bed te vorm. Die bed het winter- en somer-duvets en daar is 'n instap-aantrekarea en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die kamer bied ook 'n platskerm-TV, 'n haardroër en 'n kluis. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Al drie badkamers het 'n plafonverwarmer en 'n suigwaaier.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n oond, stoof, suigwaaier, skottelgoedwasser, tuimeldroër, wasmasjien, waterverkoeler en -filter, en 'n koffiemasjien. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste rondom die etenstafel. Die sitarea het 'n kaggel en 'n platskerm-TV. Die leefarea bied toegang tot die terras met buitemeubels. Daar is sonstoele by die swembad wat in die pragtige tuin geleë is.

Die villa word deur middel van 'n alarmstelsel beveilig wat aan 'n veiligheidsmaatskappy gekoppel is. Parkeerplek is beskikbaar in 'n dubbelmotorhuis met outomatiese deure.

Die villa is nie geskik vir kindertjies nie, want die swembad is nie omhein nie en daar is trappe.

Slaapplek

'n Bespreking by Longbeachview sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams

Kamergeriewe

  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Longbeachview gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za