Lookout Safari Lodge
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N1, Klipdrift 101, Dinokeng Wildreservaat, 15 km vanaf Hammanskraal, 0400, Gauteng
- Geen kinders onder 12
- Vanaf R2 100 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Lookout Safari Lodge is in die malariavrye Dinokeng Wildreservaat naby Hammanskraal geleë, net 52 km van Pretoria af. Dié gewilde bestemming het 'n ryk kultuurerfenis, geskiedenis en rits wildspesies.
Die lodge bied 'n unieke bosveld-ervaring in selfsorg- en tent-chalets. Elke eenheid het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer, 'n sitarea met 'n TV, 'n braai-area en kombuisie met 'n yskassie, Snappy Chef-induksiestoofplaat, ketel, eetgerei en breekware. Elke chalet het ook 'n privaat Jacuzzi, behalwe vir die gesin-chalet wat 'n privaat plonspoel het.
Die lodge het 'n gemeenskaplike kuierarea op 'n verhewe platform met 'n uitkykdek wat 'n uitsig oor die bos en die dam bied. Die kuierarea het ook 'n sit-, uitkyk- en eetarea vir 10 gaste, 'n kombuis wat ten volle toegerus is en 'n ingeboude braai. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale. Gaste kan in die sonnetjie langs die plonspoel sit en sonbaai. Daar is ook 'n vuurput langs die swembad en die kuierarea is die ideale plek om 'n aand onder die sterre rondom die knetterende vuur deur te bring.
Die reservaat is die tuiste van verskeie wilde diere, insluitend die Groot 5. Daar is ook aktiwiteite soos selfry-wildritte, voëlkyk en pieknieks.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Jacuzzi
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- N1, Klipdrift 101, Dinokeng Wildreservaat, 15 km vanaf Hammanskraal, 0400, Gauteng
- Gaste dink Lookout Safari Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dinokeng Bobbejaansberg Private Nature Reserve Gauteng
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N1, Klipdrift 101, Dinokeng Wildreservaat, 15 km vanaf Hammanskraal, 0400, Gauteng
- Geen kinders onder 12