Lord Fraser Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hierdie gastehuis is in die klein, bekoorlike dorpie, Wepener, geleë. Die dorpie word omring deur Vrystaatse berge en dis teenaan die Lesotho-grens geleë. Wepener is gerieflik op die R26 geleë, omtrent 64 km noord van Zastron en 100 km suid van Ladybrand.

Lord Fraser Guest House het voorheen gedien as die somertuiste van die welbekende Heer Ian Fraser van Lonsdale, Engeland. Die gastehuis se dekor herroep steeds daardie vervloë jare van aristokrasie en luuksheid ... Ou leermeubels, goeie konjak en die destydse atmosfeer van ontspanning.

Die gastehuis bestaan uit 16 en suite-kamers wat sorgsaam gerestoureer is tot hul eertydse glorie en ingerig is om 'n atmosfeer van onvervalstheid te skep.

Buiten ons gerieflike, huislike atmosfeer, kan gaste 'n kroegie met voorraad, 'n lekker groot plaas-ontbyt en heerlike aandete aandete. Ons ander geriewe sluit veilige parkeerplek, koferensiegeriewe en 'n wasgoeddiens in. Die gastehuis is 'n troeteldiervriendelike instansie.

Ons fasiliteer ook informele toere na Lesotho vir ons gaste. Ons kan toere van 1 dag tot 4 dae binne Lesotho reël.

Kom geniet die Vrystaatse gasvryheid saam met ons.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lord Fraser Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R830 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]