- Kapasiteit: 72 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Raymondstraat 53, Risiville, Three Rivers, 1929, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Lord's Signature Hotel is tussen drie riviere geleë - die Vaal-, Klip-, en Suikerbosrivier. Ervare reisigers kry hier die geleentheid om ons absolute luuksheid te koester.
Al die kamers het en suite-badkamers, terwyl die Presidensiële-suite 'n dubbelwasbak en 'n instapstort met panoramiese uitsigte het. Meeste van die kamers in Lord's Signature Hotel spog met 'n luukse balkon vanwaar gaste die pragtige omliggende landskap kan bewonder.
Geriewe by die hotel sluit die volgende in: 24 uur-sekuriteit, veilige parkeerplek, 'n pendeldiens, 40 en suite-kamers met privaat balkonne of tuin-areas, 70 km vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe, digitale kluise in al die kamers, WiFi, 3 swembaddens, wildkykgeleenthede, mediese nooddienste, a la carte-restaurant "La Baroness", 'n kroeg op die boonste verdieping en balkonne wat oor die swembad uitkyk.
Lord's Signature Hotel is ideaal geleë vir konferensies aangesien ons maklik bereik kan word vanaf Lanseria Lughawe, Sandton, Randburg, Fourways, Midrand, Johannesburg, Pretoria, Centurion en O.R. Tambo Internasionale Lughawe. Ons geriewe kan vir konferensies, vergaderings, produkvrystellings, ontbytvoorleggings, maatskappy-wegbreke, strategie-vergaderings, spanbou en werkswinkels ingespan word.
Daar is 3 konferensielokale. The Pool Room het plek vir tot 100 afgevaardigdes en is langs die swembad geleë. Dié lokaal se keurige dekor, hoë plafonne en waterval skep 'n rustige atmosfeer. The Caesar Room is 'n stylvolle raadskamer langs The Banquet Hall met plek vir tot 20 afgevaardigdes. The Banquet Hall is groot en ruim met hoë plafonne, uiters luuks en maak vir tot 500 afgevaardigdes voorsiening.
Lord's Signature Hottel bied gaste die rustigheid van die platteland sonder dat styl of gerief daaronder ly. Dit is net 45 minute se ry vanaf Johannesburg en dus die perfekte bestemming vir 'n wegbreek.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Skoonheidskliniek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Nagportier
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Baarshengel
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Tee
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Sekretariële Geriewe
- Rekenaar Netwerklewering
- Internet
- Skuifie-projektor
- Televisie
- Videospeler
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Raymondstraat 53, Risiville, Three Rivers, 1929, Gauteng
- Gaste dink Lord's Signature Hotel het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 72 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Raymondstraat 53, Risiville, Three Rivers, 1929, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom