LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Loskopdam, a Forever Resort | LekkeSlaap
+19

Loskopdam, a Forever Resort

Oord
  • Kapasiteit: 196 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: N11, , Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 160 per nag(plek vir 2)

Beskrywing

Die majestueuse bergreeks vorm die agtergrond op die rand van die Loskopdam. Die natuurreservaat wat die tuiste van luiperde, krokodille, seekoeie en kameelperde uitmaak, bied genot vir die hele familie. Ons pragtige oord is 48 km noord van Middelburg en 230 km oos van Johannesburg geleë. Hier kan gaste bootvaarte met sonsondergang onderneem om wild te besigtig. Verder is daar talle doendinge vir die jongspan, kom speel putt-putt, en sien wild op ons staproetes.

Die geriewe by Loskopdam, a Forever Resort, is uitstekend en sluit ook 'n karavaanpark en kampeerterrein in, met 7 netjiese ablusieblokke, 'n selfhelpwassery en 'n kiosk. Die karavaanpark en kampeerterrein is stapafstand van die water se rand af en dit beskik oor 252 staanplekke. Dis sowaar een van die gewildste kampeerplekke in Mpumalanga.

Verder kan gaste ontspan in een van ons 40 houthuisies, 18 chalets, 8 gesinshuise of ons drieslaapkamer-gastehuis.

15 eenslaapkamer-houthuisies - met 'n dubbelbed, aparte bad en toilet. Volledig toegeruste kombuis vir 2 gaste.
25 tweeslaapkamer-houthuisies - met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens, met 'n aparte bad en toilet. Volledig toegerus vir 4 gaste.
18 oopplan-chalets - met 2 enkelbeddens, 'n badkamer met 'n stort en toilet. Volledig toegeruste kombuis vir 2 gaste.
8 drieslaapkamerhuise - met 'n dubbelbed in een kamer, en 2 enkelbeddens in elk van die ander 2 kamers. Aparte toilet, bad en stort. Volledig toegeruste kombuis vir 6 gaste.

Loskopdam maak deel uit van Loskop Country wat bestaan uit 'n hele aantal eiendomme wat professionele konferensiegeriewe bied vir groepe van 10 tot 300 afgevaardigdes. Konsulteer ons gerus vir die beste moontlike opsie vir jou konferensie. Ons maak voorsiening vir bestuurswerkswinkels, bosberade en groot konferensies. 'n Wye keuse van akkommodasie-opsies is hier vir jou beskikbaar, van luukse lodges tot rondawels, om 'n goeie nagrus en bos-ervaring te verseker.

Loskopdam bied 'n aantal pragtige opsies vir elke geleentheid. Jy kan hier die "ja-woord" sê met die pragtige berge as agtergrond.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Sekretariële Geriewe
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 19 resensies vir Loskopdam, a Forever Resort
Netheid
4.6/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • N11, , Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Gaste dink Loskopdam, a Forever Resort het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Loskopvallei Mpumalanga
Vanaf
Vanaf R1 160
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 160
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 196 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: N11, , Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZiNzhkOWM5LWI0ZWEtNDBkMy1hYjhlLTFmNzgwMmNhZDM0OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 160  per nag(plek vir 2) 19 5 1 5 N11 47 km North of Middelburg 1050 Mpumalanga 086 999 0018 15:00-22:00 11:00 -25.423874461045 29.385692612632
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!