Luara Wildlife

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Luara Wildlife is op 'n prentjiemooi plaas in die buitewyke van Thabazimbi en net 'n kort entjie se ry vanaf Marakele Nasionale Park. Wildritte kan gereël word om die wild wat vrylik op die plaas rondloop te besigtig.

Die verblyf bestaan uit 'n losstaande boomhuis of 2 permatente. Die boomhuis is ideaal vir 'n klein gesin van 2 volwassenes en 2 kinders en dit het 'n aparte buitekombuis met basiese selfsorggeriewe. Die boomhuis word met 'n stel trappe bereik en is net 'n kort entjie van die kampeerterrein af.

Die kampeerterrein het 2 aparte tente met slaapplek vir 2 gaste. Die tente word met houtbruggies verbind aan 'n gemeenskaplike braai- en swembadarea. Daar is 'n gemeenskaplike sitkamer en volledig toegeruste kombuis vir hierdie eenhede.

Die plaas bied talle doendinge wat bergfietsry, wildritte, visvang en perdry insluit. Gaste kan ook wildkyk van die dek af wat 'n uitsig oor die dam het.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Portugees

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Luara Wildlife gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false