Pilanesberg Nasionale Park Akkommodasie by Lush Private Lodge | LekkeSlaap
+33

Lush Private Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Stand 2 Black Rhino Privaat Reservaat, Pilanesberg, 7130, Noordwes
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R10 380 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Die Lush Private Lodge is in die Black Rhino Wildreservaat geleë - 'n privaat reservaat in die malaria-vry Pilanesberg Nasionale Park. Die lodge het die reg om die 25 000 ha te verken, asook toegang tot die park se openbare deel om gaste 'n intieme en unieke safari-ervaring te bied waartydens die Groot 5 en die bedreigde Afrika-wildehond gewaar kan word.

Daar is 5 luukse suites teen die heuwel wat privaatheid bied, asook 'n hooflodge waar Italiaanse gasvryheid volop is en gaste op die hande gedra word. Lush is 'n moderne lodge wat met die omgewing saamsmelt. Dis minimalisties versier met natuurlike afwerkings wat die fokus op die uitsig en buitelewe plaas.

3 suites bied uitsigte oor die bos en 2 suites bied uitsigte op die berge. Die suites is nie net die ideale basis vanwaar gaste die omgewing kan verken nie, maar is ontwerp met gerief in gedagte. Elke suite het 'n koninggrootte-bed met 'n donsduvet en kussings, en lei na 'n sitarea met 'n Smeg-yskassie vol voorraad en Nespresso-koffie. Die en suite-oopplanbadkamer spog met 'n uitstekende uitsig. Daar is 'n instap-reënstort wat na 'n buitestort lei en lyfprodukte met botaniese ekstrak word voorsien.

Die suites is met 'n wildernis-tema versier en ontwerp om ruimte te benut met stapelglasdeure en die natuur op jou drumpel. Die dekor verwys na die eienaars se Italiaanse erfenis, en baie meubels en versierings is plaaslik aangeskaf.

Die hooflodge bied 'n kroeg, oopplan-eetarea en -sitarea, buite-sitarea en 'n dek wat reg rondom strek vanwaar gaste die uitsig kan geniet terwyl hulle vir ete aansit. Daar is ook 'n Afrika-boma met 'n braai, vuurput en etenstafels waar gaste lekker buite onder die sterre kan kuier. By Lush Boutique is verskeie aandenkings, soos die heerlike billike koffie, te koop.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Nagportier
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Drankies ingesluit
  • Middagete
  • Tee
  • Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Stand 2 Black Rhino Privaat Reservaat, Pilanesberg, 7130, Noordwes
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R10 380
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R10 380
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Stand 2 Black Rhino Privaat Reservaat, Pilanesberg, 7130, Noordwes
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAApbKoN3Vh5XHfkCiNnQg7RFL7IKwC1ZDKuW0CmIa3w4ftVhfOat?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R10 380  per nag (vir 2 persone) Stand 2 Black Rhino Private Reserve Pilanesberg 7130 Noordwes 086 999 0018 14:00-18:00 11:00 -25.171601 26.9814
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za