Luwandla No 15

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Luwandla 15 is 'n selfsorgmeenthuis wat sowat 1 km van St Lucia-strand af geleë is. Hierdie woonstel bied gerieflike akkommodasie wat ideaal is vir gesinne wat St Lucia besoek.

Die woonstel kry baie son, is volledig ingerig vir selfsorg en bestaan uit 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, vries/yskas, eetgerei en breekware. Daar is 'n TV met DStv in die gerieflike sitkamer-area. Die ingeboude braaiplek op die stoep is ideaal vir gaste wat 'n vleisie op die kole wil gooi. Veilige parkering agter hekke is beskikbaar. Gaste is welkom om af te koel in die gemeenskaplike swembad.

Die kompleks is oorkant 'n inheemse woud geleë waarin vlakvarke, rooiduikers en apies baljaar. 'n Luiperd en 'n seekoei besoek ook nou en dan die omgewing.

Luwandla is stapafstand van al die doendinge in die dorp af - besoek 'n winkel of twee en nuttig 'n heerlike ete by een van die restaurante. Ideale akkommodasie vir besoekers wat die wildreservate, staproetes en strande in die omgewing wil verken.

Slaapplek

'n Bespreking by Luwandla No 15 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Luwandla No 15 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 750 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false