Lydenburg Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lydenburg Guesthouse in Lydenburg is ideaal vir sakereisigers, gesinne en oornaggaste. Dit is naby verskeie winkels, restaurante en groot hoofweë.

Verblyf word in 6 kamers aangebied, waarvan 2 gesinskamers is. Elke kamer het 'n privaat badkamer en 'n TV met DStv.

Gratis WiFi word voorsien en dit maak dit ideaal vir sakereisigers.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.

Die gastehuis is net 'n klein entjie se ry van die Lydenburg Museum af, sowel as 'n fietsry- en drafklub wat 'n hele rits geleenthede gedurende die jaar reël.

Lydenburg Guesthouse lê net 290 km buite Pretoria en is 3,5 uur se ry van O.R. Tambo Internasionale Lughawe af. Dit is dus die ideale beginpunt vanwaar gaste die Panoramaroete, die bekende Long Tom-pas omring deur majestueuse bergreekse, die Highlands Meander, die Blyderiviercanyon, Pelgrimsrus, God's Window en die Krugerwildtuin kan besoek. Dit neem besoekers deur die asemrowende natuurskoon wat met watervalle en pragtige landskappe bespikkel is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lydenburg Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za