Lynx Vista

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lynx Vista bied 'n selfsorg-eenheid en 'n gastekamer op die eienaar se perseel in Lakeside, Kaapstad. Die perseel is ideaal geleë, net 5 minute se ry van Muizenberg se strand af.

Die selfsorgwoonstel by Lynx Vista het sy eie ingang en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Daar is slaapplek vir 3 gaste. Hierdie eenheid het 'n oopplan-leefarea en 'n goed toegeruste kombuis en 'n aparte wassery met 'n wasmasjien. Die leefarea lei na 'n groot patio waar gaste gerus van die braaigeriewe gebruik kan maak. 'n TV en WiFi is beskikbaar en daar is ook 'n kantoorstoel en lessenaar indien nodig.

Daar is 'n ekstra gastekamer met 'n en suite-badkamer wat apart is van die woonstel, met gemeenskaplike toegang tot die stoep. Die eenhede kan saam met die woonstel bespreek word vir nog 2 mense. Parkeerplek van die straat af word voorsien vir 2 voertuie.

Lynx vista is aan die onderpunt van Boyes-rylaan geleë en die woonstel spog met pragtige uitsigte op die berge, oor Zandvlei en die see in die verte. Die perseel is ook net 10 tot 15 minute se ry van St. James en Kalkbaai af.

Gaste kan gerus die staproetes op Muizenberg, agter die woonstel, verken.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Diens op aanvraag
  •  Koordlose Internet

Ekstras

  •  Kroegyskas
  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Ondervloerse verhitting

Konferensie geriewe

  •  Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lynx Vista gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 680 per nag (vir 5 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za