Lyon Paradise

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lyon Paradise is net 13 km buite Potchefstroom op die R501 na Carletonville. Ons bied gerieflike verblyf in 'n pragtige plattelandse-landgoed langs 'n pekanneutplaas. Die venue is ideaal vir groot groepe of troues. Dit het 'n grasdak en luisterryke tuine. Die tuine bevat rose, 'n koi-visdam, 'n kalmerende sierfonteintjie en 'n wit gazebo as fokuspunt.

Verblyf word aangebied in 12 smaakvol versierde kamers wat elk oor 2 driekwartbeddens beskik. Die badkamers is en suite en bevat storte, baddens en toilette en die kamers is ingerig met TV's met DStv-kanale (hotelpakket) en kykNET. Tee, koffie en beskuit word in elke kamer voorsien. Gaste het ook toegang tot onderdakparkeerplek. Die kamers is ongelukkig nie selfsorg nie.

Daar is ook 'n swembad wat ideaal is vir warm somerdae. Die venue kan onvergeetlike troues, funksies en konferensies akkommodeer in 'n rustige, plattelandse atmosfeer. Boskopdam Natuurreservaat is slegs 18 km weg en die omgewing bied verskeie wildplase en voëlkyk-geleenthede. Die naburige pekanneutplaas behoort aan dieselfde eienaars en het meer as 500 pekanneutbome. Gaste kan natuurwandelinge tussen die rye bome deur geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lyon Paradise gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]