+55
Kampeer/karavaan in Mabalingwe Nature Reserve

Mabalingwe Caravan Park

  • Slaapplek vir 420 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • R516 Rooiberg/Thabazimbi Road, Bela-Bela, 0480, Limpopo Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Mabalingwe Caravan Park is in die Mabalingwe Privaat Natuurreservaat geleë. Dit bied kampeerverblyf aan gesinne en vriendegroepe wat op soek is na 'n onstpannende wegbreek in die bosveld.

Die karavaanstaanplekke is geplavei of met gras bedek en dit het oorgenoeg skaduwee. Elke staanplek het 'n standaard-kragpunt en daar is 3 ablusieblokke met toilette, wasbakke en storte. Daar is ook 2 gesinsbadkamers. Vullishouers is oral in die park beskikbaar.

Na 'n opwindende dag saam met een van die gidse kan gaste by die geriefswinkel en drankwinkel aanklop vir enige items wat hulle dalk nodig het. R&R Buffalo Bar is ook naby die kampeerplek en bedien heerlike pizzas en kroegetes.

Die Mabalingwe Karavaanpark is die ideale kampeerbestemming vir enige wild-entoesias. Hiér word gaste deur talle voëls en natuurgeluide omring, wat rondom 'n kampvuur tydens sononder geniet kan word. Daar is ook prettige buitelug-aktiwiteite vir die hele gesin, insluitend 'n fietspaadjie, 'n BMX-roete, 'n drafroete, putt-putt, warm- en koueswembaddens met glyplanke, 'n klimraam en 'n vlugbalbaan.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 53 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.3
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Theo N
Gesin met klein kinders
5.0
Relaxing and easy! Extremely relaxing! Other than camping gear, don't take too much with you. Shops and restaurants are well stocked an...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2026
Rina R
Saam met vriende
5.0
Die kamp plek was verrassend baie netjies en skoon. Het baie lekker gebly.
Jan 2025
Eileen B
Saam met lewensmaat
4.6
Fabulous. Very relaxing. It was lovely and quiet. We were there out of season. Just a pity you can hear the main road. Love the reserve...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Anton D
Saam met lewensmaat
4.2
Heerlik. Die badkamers se deurslotte moet regtig almal vervang word, van die 6 werk net 1, deure kan nie sluit nie.
Mei 2025
Riette G
Saam met vriende
4.2
Baie rustig. Die kamp was heerlik, alhoewel die ablusie geriewe bietjie min is, veral as die oord besig is.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Mabalingwe Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 116

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • R516 Rooiberg/Thabazimbi Road, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Mabalingwe Caravan Park het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 167
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 167
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 167
per nag, vir 2 mense
Bespreek

R516 Rooiberg/Thabazimbi Road, Bela-Bela, 0480, Limpopo

Sien kaart
  • Slaapplek vir 420 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA39d615ecf822fc69bcf626500cc8c5956b53e8d194faf2ab44b381b9eee5e2b2e05f6066ffe422c73a7d43bb3bcbcfe41412?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R167 per nag, vir 2 mense 53 5 1 5 R516 Rooiberg/Thabazimbi Road Bela-Bela 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.846487462314 28.046679496765
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang