Madadeni Duck Units
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kloof Falls-weg 82A, Kloof, 4001, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R850 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Madadeni Duck Units bied selfsorgverblyf in die Kloof, naby Hillcrest, net buite die Durban se middestad. Hier is 'n pragtige tuin met eende, bokke, katte en ander diere. Ontspan lekker langs die swembad in 'n woudomgewing.
Madadeni Duck bied 2 selfsorg-eenhede wat elkeen 'n volledig toegeruste kombuis met 'n stoof, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, 'n vrieskas, 'n werksarea en 'n wasbak het. Dis perfek vir vakansiegangers en sakereisigers. Verskeie strande, winkelsentrums en besienswaardighede is ook net om die draai. Die Waterfowl 2-eenheid bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders of 3 volwassenes wat deel.
Kloof is 'n boomryke, eksklusiewe dorpie net 20 km wes van Durban aan die bopunt van Fields Hill. Dié bult vorm deel van die wêreldbekende 90 km lange Comrades-wedloop wat jaarliks plaasvind tussen Durban en Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal se provinsiale hoofstad.
Kloof vorm deel van die pragtige Krantzkloof-natuurreservaat met volop voëls wat die kroonarend insluit. Die mooi Everton-bewarea is ook deel van die Kloof-gebied. Die asemrowende toeriste-ervaring by die Vallei van 'n Duisend Heuwels begin hier in die Kloof. Dis 'n paradys vir eko-toeriste, maar ook 'n lekker toevlugsoord vir sakelui wat industriële gebiede soos Pinetown en Hammersdale besoek.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Italiaans
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Kloof Falls-weg 82A, Kloof, 4001, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Madadeni Duck Units het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Kloof KranztKloof Nature Reserve Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kloof Falls-weg 82A, Kloof, 4001, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom