Madi a Thavha Mountain Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Madi a Thavha beteken "water van die berg" in TshiVenda. Die lodge is in 'n stil vallei van die Soutpansberg geleë. Hoewel die Noorde van Limpopo meer bekend is vir sy oorvloedige wild en kremetartboom-sonsondergangtonele, is ons selfs meer geïnspireer en gefassineer deur die ryk kulture van die mense hier in die Noorde van Suid-Afrika.

Madi a Thavha bied B&B-verblyf of alles-ingesluit-verblyf vir tot 18 gaste. Verblyf word aangebied in gastekamers en -suites wat in en om die oorspronklike plaashuis geleë is. Al die eenhede het berg-uitsigte, 'n stoep en 'n privaat ingang. Die volgende verblyf-opsies is beskikbaar: 4 en suite-gastekamers met en suite-badkamers, 3 selfsorggaste-suites met en suite-badkamers en 1 groot gesinshuis met 2 slaapkamers en en suite-badkamers. Die plaashuis het 'n sitkamer met 'n kaggel en DStv, 'n eetkamer, 'n oopplan-kombuis, ontvangs met 'n telefoon en internetgeriewe, 'n kunsvlytwinkel en stoepe. Die verfrissende swembad word gedurende die winter deur sonkrag verhit. Die lapa bied ononderbroke uitsigte op die omliggende berge en kranse.

Die lodge bied kuns-, kultuur- en leefstyl-toere na die hartjie van Limpopo en ons ook 'n wonderlike kuns- en kultuursentrum, Craft Art-winkel en Textile and Design-ateljee by die lodge. Kinders is welkom - ons bied kreatiewe doendinge, kulturele programme, fietsry, voetslaan en voëlkyk vir die woelige jongspan en hul ouers.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Frans
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Madi A Thavha Mountain Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 150 per nag (vir 1)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false