Mafuta Bush Experience

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mafuta Bush Experience is op 'n plaas geleë en bied gaste 'n rustige bos-ervaring net 48 km van Kimberley af.

Gaste kan kies tussen 3 oopplan-houthutte. Houthut 1 en 2 het slaapplek vir 2 gaste en Houthut 3 het slaapplek vir 3 gaste. Die eenhede beskik oor enkelbeddens of 'n dubbelbed, sowel as privaat badkamers. Linne word voorsien. Elkeen van die eenhede het 'n kombuis en bied toegang tot 'n privaat braai-area. Langs elke houthut is daar 'n kamparea - doen asseblief navraag hieroor.

Die houthutte maak gebruik van gas en sonkrag. Let asb. daarop dat Mafuta Bush Experience deur 'n grondpad bereik word.

Doendinge op die plaas sluit in stap, fietsry, wildkyk en wildkykritte. Die 2500 ha-plaas is die tuiste van kameelperde, verskeie bokke, vlakvarke, en verskeie voëlspesies soos die rooiborslaksman, swaelstertbyvreter en aasvoëls. Verskeie ander besienswaardighede naby Kimberley sluit die Groot Gat, Mokala Nasionale Park, Slag van Magersfontein Museum, en meer in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mafuta Bush Experience gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R680 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false