Magalies Bush Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 7 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Beskrywing

Magalies Bush Lodge is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n ongekunstelde wegbreek in die Magalies-bosveld.

Verblyf is beskikbaar in chalets wat elk uniek versier is en in die bosveld skuil: Bosbok, Springbok en Rooibok. Springbok en Rooibok het slaapplek vir 4 gaste en Blesbok het slaapplek vir 6.

Elke chalet het beddens met skoon linne, handdoeke, 'n badkamer met 'n stort, 'n kombuis met 'n tweeplaatstoof en mikrogolf en 'n privaat boma of braai area. Bababedjies is op versoek beskikbaar en linne word voorsien. Daar is elke oggend 'n basiese skoonmaakdiens waartydens skottelgoed gewas word.

Verder het die lodge ook 'n swembad, pizza-oond, 'n uitkykpunt en 'n houtklimraam vir kinders. Daar is voetslaanpaaie om te verken en wildspesies soos bosbokke, springbokke, blesbokke en rooibokke.

Magalies Bush Lodge is 100 km vanaf Johannesburg, 110 km vanaf Pretoria en 44 km vanaf Rustenburg en is dus ideaal vir 'n vinnige wegbreek in die veld.

Neem asseblief kennis dat daar ten minste 10 km se grondpad is en dat die pad op die plaas ook grondpad is. Tydens die reënseisoen moet gaste in Chalet Bosbok en Springbok liefs met 'n bakkie, SUV of 4x4 ry.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Magalies Bush Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R790 R672 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 7 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za