Magaliqua Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Magaliqua Gastehuis is op die kruin van 'n heuwel geleë en bied asemrowende uitsigte op die Magaliesberge en die boomryke woonbuurt Noordheuwel in Krugersdorp. Ons is net 20 minute vanaf Lanseria Lughawe en 55 minute van O.R. Tambo af. Johannesburg en Sandton is 'n gerieflike 45 minute se ry van ons af.

Ons het 2 luukse woonstelle naby al die nodige geriewe en wêreldbekende bestemmings. Daar is verskeie besienswaardighede en doendinge net 'n paar minute van die gastehuis af. Die woonstelle is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers en ons bedien 'n heerlike Kontinentale ontbyt of gaste kan van die selfsorggeriewe gebruik maak.

Die eerste woonstel het 3 slaapkamers met en suite-badkamers en 'n volledig toegeruste kombuis, sitkamer met 'n eetarea en wasgoedgeriewe.

Elkeen van die kamers het 2 enkelbeddens en ons voorsien koffie- en teemaakgeriewe, japonne, linne en handdoeke. Die kamers word daagliks skoongemaak, maar nie gedurende naweke en openbare vakansiedae nie.

Woonstel 2 het 2 slaapkamers en deel 1 badkamer met 'n volledig toegeruste kombuis, sitkamer en eetarea. Albei kamers het 2 enkelbeddens en 'n TV met 9 kanale, en ons voorsien koffie- en teemaakgeriewe, japonne, linne en handdoeke. Die kamers word daagliks skoongemaak, maar nie gedurende naweke en openbare vakansiedae nie.

Rook is streng verbode in die eenhede. Dié beleid word streng toegepas.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Magaliqua Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za