Magnolia Gaste Eenheid

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 20 % af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Jan 2019 tot 28 Feb 2019.

Beskrywing

Magnolia Gaste Eenheid is in 'n stil voorstad van Polokwane geleë. Die dorp bied verskeie doendinge vir avontuurlustiges, diereparke en sportlokale en word ook as Suid-Afrika se beste jagbestemming beskou.

Die Magnolia Gaste Eenheid het 'n hoofslaapkamer met 'n oopplan-leefarea, kombuisie, 'n badkamer asook 'n aparte slaapkamer. Die leefarea het 'n dubbelbed en 'n sitarea met 'n TV met volledige DStv. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 1 enkelbed. Die aparte badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, enkelstofie, breekware en eetgerei. Die eenheid het 'n veilige onderdakparkeerplek.

Die Protea Eenheid is 'n familiekamer met slaapplek vir 3 met 'n aparte toegeruste kombuis en badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n kuierhoekie met volledige DStv.

Die Azalea Eenheid is 'n dubbelkamer met 'n dubbelbed, mikrogolfoond, yskas, stort, toilet en volledige DStv.

Die Dahlia Eenheid is 'n dubbelkamer met 2 enkelbeddens 'n mikrogolfoond, yskas, stort, toilet en volledige DStv.

Die Annexe is 'n ten volle toegeruste oopplan-enkelwoonstel met slaapplek vir 6 gaste, toesluitparkeerplek en volledige DStv.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Magnolia Gaste Eenheid gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 R440 per nag (vir 2 mense)

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Jan 2019 tot 28 Feb 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za