LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Mahlangeni Boutique Game Reserve | LekkeSlaap
+19

Mahlangeni Boutique Game Reserve

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wittedriftweg, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Mahlangeni Boutique Game Reserve is 7 km buite Plettenbergbaai geleë en is ook net 2 km van die N2 in die rigting van Knysna af. Plettenbergbaai is op die bekende Tuinroete en is 'n gewilde vakansiebestemming met asemrowende natuurskoon. Gaste kan lekker ontspan tussen die wild, mak sebras, woude en fynbos.

Verblyf word gebied in 'n selfsorg-eenheid en 'n luukse tentkamp. Die eenheid is met 'n Afrika-tema versier en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Gehaltelinne word voorsien. Die eenheid het ook 'n aparte badkamer en 'n leefarea met 'n kombuisie wat lei na 'n privaat patio met braaigeriewe.

Die luukse tentkamp het slaapplek vir 4 gaste in 2 tente. Elke tent het 'n dubbeled. Gaste het ook toegang tot 'n aparte kombuisie wat volledig toegerus is, 'n badkamer met 'n stort, en 'n houtdek met braaigeriewe. Hier kan gaste panoramiese berg-uitsigte geniet en die see in die verte bewonder. Dié kamp is troeteldiervriendelik.

Mahlangeni Boutique Game Reserve bied uitsigte op die pragtige Tsitsikamma- en Outeniekwabergreekse wat die vallei omring. Die omgewing het ook 'n ryk voëllewe en baie wild is te sien. Daar is verskeie inheemse bome en fynbos in die omgewing waar gaste voetslaanroetes kan aanpak.

Doendinge in die area sluit walviskyk, voëlkyk, olifant-safari's, boomtoptoere en reksprong by Bloukransbrug in. Plettenbergbaai bied ook verskeie restaurante.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 14 resensies vir Mahlangeni Boutique Game Reserve
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Wittedriftweg, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mahlangeni Boutique Game Reserve het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wittedriftweg, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRhMzEzMzhhLTVjY2QtNDEyNy04MTZjLTk1YTVmYTFlYzE5Mg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (plek vir 4) 14 5 1 5 Wittedrift Road Plettenberg Bay 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.030262622917 23.322223126888
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!