Maison de L’amour

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Maison de L'amour bied gaste die geleentheid om in 'n privaat plattelandse huis in Darling te kuier. Maison de L'amour is in 'n Franse Provensaalse styl gebou en versier en het 'n uitsig oor 'n prentjiemooi en rustige tuin waar gaste ontbyt kan geniet en heeltemal kan ontspan.

Verblyf word in 3 eenhede aangebied wat slaapplek vir 6 gaste met en suite-badkamers het. Die wittebrood-suite het 'n oopplan-badkamer en die luukse kamer het 'n hemelbed. Albei is in die hoofhuis geleë. Die tuinkothuis is buite die hoofhuis geleë.

Maison de L'amour bied uitstekende etes 'n paar aande van die week, afhangend van besprekings. Die tuisgekookte maaltye is gewild onder gaste. Klassieke Suid-Afrikaanse en Europese maaltye word gekombineer en slegs vars bestanddele wat in seisoen is word gebruik. Maison de L’amour bied Vrydae en Saterdae driegang-kersligetes in die prentjiemooi tuin.

Gaste kan gerus van die braai-area gebruik maak as hulle self wil maaltye wil voorberei. Verder kan hulle privaat bespreek, sodat spyseniering vir persoonlike geleenthede teen ekstra koste per persoon gedoen word. Gaste ook gerus in die plonspoel afkoel.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Maison De L’amour gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za