Maison De Yzer

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Maison De Yzer is 'n lieflike strandhuis in Yzerfontein. Dié dubbelverdiepinghuis is op die strand en gaste is net 1 minuut se stap van die Weskus se sandstrande af.
Die huis bied selfsorgverblyf en gaste moet net hul eie kruideniersware saambring. Daar is 'n Spar-supermark naby die huis indien gaste voorraad en toiletware moet koop.

Die eerste verdieping beskik oor die hoofslaapkamer wat ingerig is met 'n koninggrootte-bed, 'n instapkas en aantrekkamer, 'n en suite-badkamer met 'n dubbelwasbak, 'n manjifieke bad, instapstort en 'n aparte toilet. Die bad het 'n deursigtige hoekvenster met 'n uitsig oor die oseaan en Tafelberg in die verte. Daar is ook 'n privaat balkon wat uitkyk oor die strand en uitsigte oor die oseaan tot by Tafelberg en Dasseneiland bied. Die grootskerm-TV in die kamer het 'n volledige DStv-pakket.

Die tweede slaapkamer is ook op die eerste verdieping en is ingerig met 'n bed, en suite-badkamer met 'n wasbak, 'n pragtige bad, 'n instapstort en 'n privaat toilet. Die bad het ook 'n deursigtige hoekvenster met 'n uitsig.

Op die grondvloer is daar 'n derde slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak, instapstort en 'n aparte toilet. Die privaat patio kyk uit ook die strand en die oseaan en bied toegang tot die swembad-area en die strand.

Al die slaapkamers het elektriese komberse vir daardie koue aande.

Die kombuis op die grondvloer is ten volle toegerus met 'n gas- en 'n elektriese stoof, 'n mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser, asook al die ander moderne geriewe. Daar 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër in die opwaskamer vir gaste se gerief. Alle linne en strandhanddoeke word voorsien.

Die eetarea het sitplek vir 8 en kyk uit oor die swembad. 'n Skuifdeur vou heeltemal terug sodat gaste kan uitstap op die swembadterras met 'n braai-area.

Die TV-kamer kyk ook uit oor die swembad en die skuifdeure vou hier ook heeltemal terug en lei na die swembadterras en braai-area. Daar is 'n gaskaggel vir die winter en 'n groot HD-TV met 'n volledige DStv Explora-pakket. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Daar is 'n privaat wynkelder en 'n gastetoilet op die grondvloer.

Gaste het toegang tot 'n dubbelmotorhuis wat met 'n afstandbeheer werk vir veilige parkeerplek.

Slaapplek

'n Bespreking by Maison De Yzer sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Maison De Yzer gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 250 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za