Makhato Bush Lodge 15

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Makhato Lodge 15 is 'n selfsorghuis wat in die Sondela Natuurreservaat geleë is, 19 km van Bela-Bela af. Dit is ideaal vir 'n groep of 'n gesin wat op soek is na gerieflike verblyf weg van die gedruis van die stad af.

Die huis het 'n grasdak en bestaan uit 4 slaapkamers met en suite-badkamers en lugversorging. Die huis is smaakvol versier. Drie van die slaapkamers beskik oor koninggrootte-beddens en die vierde kamer het 2 enkelbeddens. Die leefarea is oopplan en die volledig toegeruste kombuis en opwaskamer het 2 yskas-vrieskaste, 'n mikrogolfoond, 'n oond met 'n stoof, 'n wasmasjien, 'n skottelgoedwasser en oorgenoeg ingeboude kaste en ander toebehore wat jy kan gebruik.

Die huis het 'n kuier-area met 'n ingeboude kroeg, 'n kroegyskassie en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die sitkamer het skuifdeure wat na 'n patio lei.

Daar is ook 'n swembad en 'n braai-area 250 m van die lodge af wat gaste kan gebruik.

Daar is veilige parkeerplek vir voertuie op die perseel beskikbaar. Makhato Lodge 15 is ryafstand van al die dorp se geriewe af en ook naby wildritte wat in die reservaat en in die omtrek aangebied word.

Slaapplek

'n Bespreking by Makhato Bush Lodge 15 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Makhato Bush Lodge 15 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 289 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false