Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Makhato Lodge 62

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sondela Natuurreservaat, Tweefontein Plaas 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 440 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Makhato Lodge 62 is 'n grasdak-selfsorghuis in die Sondela Natuurreservaat naby Bela-Bela. Die Sondela Natuurreservaat is in Limpopo en is 'n privaat wildreservaat net 150 km buite Johannesburg waar gaste die stilte van die Bosveld, ontmoetings met sebras, koedoes, impalas, kameelperde en voëlkyk kan geniet.

Lodge 62 is geskik vir 8 gaste en het 4 slaapkamers, 4 badkamers, 'n groot kombuis, eet- en leefarea en 'n beskutte stoep met 'n tweede sit- en eetarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, raamlose stort, 2 wasbakke en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, toilet en wasbak. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié kamer het 'n aparte badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is met granietblaaie, 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf en ontbythoekie met 8 stoele toegerus. Daar is ook 'n opwasarea met 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die eetarea het 'n etenstafel vir 8 en die sitkamer het 'n kaggel en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die stoep het 'n buite-sitkamerstel, ingeboude braai en 'n etenstafel vir 8. Die stoep het ook opvoudeure wat oopgemaak kan word in die somer.

Daar is 'n groot, geplaveide boma-area met 'n vuurput. 'n Groot onderdakparkeerplek is langs die huis beskikbaar.

Sondela het 'n restaurant en kroeg op die perseel, 'n koffiewinkel, 'n winkel vir basiese benodigdhede, gemeenskaplike swembaddens, 'n wildsentrum en Iketla Wellness and Spa. Gaste kan wildritte en perdritte geniet, fietse huur en 'n 4x4-hindernisbaan en begeleide vierwielritte aandurf.

Slaapplek

’n Bespreking by Makhato Lodge 62 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 3 resensies vir Makhato Lodge 62
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.5/5

Sondela Geverifieer

Eiendomme 43

Resensies 234

Jaar gelys 7

Ligging

  • Sondela Natuurreservaat, Tweefontein Plaas 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Makhato Lodge 62 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R3 440
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R3 440
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sondela Natuurreservaat, Tweefontein Plaas 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAca7c7b9a63e3fd8e40e179600cbd2a64964a1a1c4b678022e8e0da8dd27adbbe49bcaf4033df7d9da110033fef23b68574b6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 440 per nag (plek vir 8) 3 5 1 5 Sondela Nature Reserve Farm Tweefontein 462 KR 0480 Limpopo 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -24.926411788 28.392143038098
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem