Malachite Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Malachite Manor is naby die beroemde Sani-pas en bied die ideale bestemming vir diegene wat graag wil ontsnap van die gedruis van die stadslewe.

Die 6 smaakvol versierde, volledig gemeubileerde kamers het ekstra lang koningingrootte-beddens. Alle kamers het patio's buite vanwaar gaste die vrede en rustigheid in die pragtige omgewing kan geniet.

Nuttig 'n heerlike ontbyt in die Orchid eetkamer of in die ingeslote binnehof. Die Manor Kroeg se fokuspunt is 'n pragtige kroegtoonbank van moeraseik, sipres en kiaat, waar gaste 'n drankie voor ete kan geniet of selfs 'n nagsopie rondom die kaggel op koue winternagte.

Gaste kan 'n verskeidenheid doendinge in die omliggende omgewing geniet soos fietsry, gholf, voetslaan, voëlkyk, kunsvlieghengel, perdry, kajak, tjoepry of vir die meer avontuurlustige gaste: 'n rit teen die Sani-pas uit.

Daar is altyd ’n avontuur wat op jou wag by Malachite Manor.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  DVD-speler
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Malachite Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 160 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false