Malagas Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 21 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Malagas Hotel is 'n gesinsvriendelike hotel in die platteland aan die oewer van die magtige Breederivier. Die rus en vrede waarna jy hunker, wag hiér vir jou.

Ons het 'n groot verskeidenheid kamers insluitend 8 kamers met 2 enkelbeddens, 3 standaardkamers, 4 superieure dubbelkamers, 10 tripelkamers en 8 superieure gesinskamers. Elke kamer het 'n en suite-badkamer.

Gaste kan in die somer langs die swembad ontspan en 'n verfrissende drankie op die terras geniet. Daar is ook 'n kaggel in die eetkamer of Moxie's Pub vir kouer wintersaande.

'n Volle Suid-Afrikaanse ontbyt en 'n hartlike Table d'hôte-tuisgemaakte aandete is ingesluit by die aandete- en B&B-tarief. Gaste kan ook ons verskeidenheid uitgesoekte wyne saam met hulle maaltyd geniet.

Ons rustige ligging in die Laer Breederivier Bewarea lok heelwat voëlspesies soos die Bloukraanvoël, Suid-Afrika se nasionale voël, wat van die gruispad wat deur die wynlande kronkel na die hotel toe gesien kan word. Ons is naby aan De Hoop Natuurreservaat en Witsand wat dit die ideale ligging maak vir walviskyk gedurende die walviskyk-seisoen.

Ons is baie bevoorreg dat hierdie deel van die Breederivier nie deur die waterkrisis geraak is nie en daar dus geen waterbeperkings in die area is nie.

Geriewe sluit in kano- en bootvaarte in (kano's en klein bootjies kan op die perseel gehuur word), 'n swembad, trampolien, klimraam vir kinders, 'n pooltafel, veerpyltjiebord, kroukie en 'n vlugbalbaan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Malagas Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 380 R1 104 per nag (vir 2 mense)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 21 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false