Malindila Residence

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Malindila Residence is 'n selfsorg-vakansiehuis in Noordhoek, 2km vanaf Long Beach, Noordhoek Common en die Noordhoek Village. Hoewel dit na aan Kaapstad is, behou Noordhoek nog steeds daardie bekoorlike plattelandse-gevoel met perdry wat heelwat gewild is in die omgewing.

Dié huis het slaapplek vir 8 en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, platskerm-TV en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n stapelbed vir kinders. Dié 2 slaapkamers deel 'n gesinsbadkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Dié 3 slaapkamers is op die onderste verdieping en lei na 'n onderdakdek wat uitkyk oor 'n swembad. Die vierde slaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koninggrootte-bed en 'n oopplan-en suite-stort en 'n aparte toilet. Die kamer is toeganklik via die studeerkamer en lei na 'n balkon.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met sitplek vir 4. Die eetarea het sitplek vir 8 en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en kaggel. Die aparte TV-kamer het 'n L-vormige rusbank en 'n platskerm-TV. Die gastebadkamer is ook 'n die onderste verdieping.

Die leefarea lei na 'n onderdakdek-area met 'n etenstafel en sitplek vir 8. Daar is ook braaigeriewe en die dek kyk uit op die omheinde tuin wat ook 'n swembad en 'n trampolien het.

Slaapplek

'n Bespreking by Malindila Residence sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Malindila Residence gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R6 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false