20% af Kry 20% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 12 Feb 2020 tot 31 Mrt 2020.
Fouriesburg Akkommodasie by Mama Fourie's Guest Cottages | LekkeSlaap
+23
+23

Mama Fourie's Guest Cottages

  • Weeksdagaanbod - Kry 20% af
  • Vanaf R800 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 10 persone, alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Roosstraat 46, Fouriesburg, 9725, Vrystaat

Beskrywing

Mama Fourie's Guest Cottages bied verblyf in Fouriesburg, 'n skilderagtige dorpie tussen die Maluti-berge en is naby die Lesotho-grens. Verblyf word in 'n keuse tussen 3 volledig toegeruste selfsorg-eenhede gebied wat uitsigte oor die boorde, ou sandsteengeboue en Ventersberg bied.

Die verblyf beskik oor 3 kothuise. Kothuis 1 bied slaapplek aan 2 gaste en kothuis 2 en 3 bied elkeen slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders onder 12 jaar. Elke kothuis is pragtig versier met unieke emalje-toebehore, sementvloere, wit beddegoed, handdoeke en Shweshwe-materiaal. Die slaapkamers het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, met elektriese komberse, muurverwarmers en warmwaterbottels vir kinders. Die badkamer in elke eenheid het 'n stort, wasbak en toilet. Elke kombuis het 'n yskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, elektriese braaipan, toebehore, breekware en eetgerei vir 4 gaste. Die eenhede het ook 'n oopplan-leefarea met 'n hout-eetkamertafel, sitkamerstel, 'n TV en 'n DVD-speler. Braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel word ook voorsien.

Mama Fourie's spog met 'n bekoorlike eet- en kombuisarea in 2 klassieke busse wat opgeknap is om gaste 'n unieke eetervaring te bied. Daar is ook 'n Jukskei-kursus en 'n buitelug-skaakbord.

Fouriesburg is binne maklike bereik van Clarens en 9 km vanaf die Caledonspoort-grenspos na Lesotho, wat dit die ideale oornagplek maak vir gaste wat na Lesotho reis. Doendinge in Fouriesburg sluit swem, perdry, wildritte, fietsry, stap, bergfietsry, wynproe en visvang in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Swembad
Jacuzzi
Rolstoelvriendelik
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 78 resensies vir Mama Fourie's Guest Cottages
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Roosstraat 46, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Gaste dink Mama Fourie's Guest Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Weeksdagaanbod 20% af
Kry 20% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 12 Feb 2020 tot 31 Mrt 2020.
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone, alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Roosstraat 46, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA216bc8b2b51eb49e835d1f57aad2d36e830214ee7d868845a52ed3d52c694ca5af7e2b050de66fd3f0ceb948d0f92f3860b0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (vir 2 persone) 78 5 1 4.91 46 Roos Street Fouriesburg 9725 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.620954 28.213308
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za