Mamagalie Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mamagalie Lodge is op 'n 400 hektaar privaat plaas in die bergagtige Magaliesburg geleë. Dié lodge bied 'n uitsig oor die Buffelspoortdam en is minder as 100 km vanaf Johannesburg en Pretoria. Ons verblyf is ideaal vir 'n naweekwegbreek of 'n ruskansie in die middel van die week.

Ons 6 selfsorg-eenhede bied verskillende tipes verblyf. Die eenhede is van mekaar afgesonder om privaatheid te verseker. Elke eenheid het 'n braai-area, buitestort en goeie sekuriteit.

Die Mountain Lodge is 'n dubbelverdieping met 'n grasdak en het 3 aparte slaapkamers en 'n groot oopplan-vertrek. Die ruim sitkamer het 'n Jetmaster-kaggel. Die kombuis is volledig vir selfsorg toegerus. Die huis spog ook met 'n groot kuierdek, 'n swembad en 'n braai-boma. Dié lodge is dus ideaal vir groter groepe of gesinne.

Die Bush Lodge is 'n semi-tenteenheid wat hoog in 'n kloof lê en uitkyk oor die vallei en dam. Die slaapkamer en leefarea bestaan uit 'n tent met 'n houtpaneel-binneruim en het skuifdeure sodat gaste die uitsigte kan geniet. Daar is 'n kaggel in die leefarea. Dié areas is bedek met 'n reuse-staaldak wat dit koel hou in die somer. Die kombuis en badkamers word deur 'n houtdek verbind. Die kombuis is volledig vir selfsorg toegerus. Die badkamer het 'n Victoriaanse bad en 'n groot stort met 'n aparte toilet. Die braai-area en plonspoel rond die buite-area perfek af.

Die Forest Lodge is 'n eenslaapkamer-kothuis wat tussen inheemse olienhoutbome gebou is. Dié eenheid is besonder afgesonderd en romanties. Die kamers het dakvensters wat opkyk na die blaredak. Die slaapkamer het 'n privaat dek met 'n buite-stort. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en die oopplan-leefarea het 'n Jetmaster-kaggel. Die leefarea bied toegang tot die dek met braaigeriewe.

Die River Lodge is 'n uiters private eenheid met 2 slaapkamers. Dit het 'n volledig toegeruste kombuis, privaat braai en plonspoel. Die badkamer het 'n dubbel-Jacuzzi met glaskante en daar is 'n buitestort op die slaapkamer se dek.

Die Tranquility Lodge is 'n moderne eenheid met 1 slaapkamer wat ontwerp is om met die oeroue bome saam te smelt. Die platform waarop dit gebou is, is bokant 'n rivierbedding en hoog tussen die vye- en esdoringbome se takke.

Die Serenity Lodge Privaat is 'n selfsorg-eenheid met 1 slaapkamer en het 'n pragtige uitsig oor die weivelde en berge.

Die lodges word elkeen op versoek skoongemaak en gewoonlik hoef gaste slegs hul eie eet- en drinkgoed saam te bring. Hout kan op die perseel gekoop word. Daar is verskeie wandelpaaie op die plaas. Die gewildste wandelpad lei na die bergstroom se rotspoele.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mamagalie Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za