Mams Overnight

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mams Overnight is 'n gastehuis wat op 'n plaas in privaat besit geleë is. Dit is net 4,5 km van Vryburg in Noordwes af en is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike oornagverblyf weg van die stad se gedruis.

Verblyf by Mams word gebied in 10 uniek en smaakvol versierde slaapkamers. Elke kamer beskik oor of 'n dubbelbed of 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en/of bad, wasbak en toilet. Elke kamer het ook lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi, 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en al die ander noodsaaklikhede.

Ontbyt en ander heerlike etes is teen 'n ekstra koste beskikbaar by die restaurant op die perseel en die gastehuis het braaigeriewe wat gaste welkom is om te gebruik. Veilige parkeerplek word agter 'n afstandbeheerde hek voorsien.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mams Overnight gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za