Manaar House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Manaar house is in die pragtige kus-oord Umhlanga Rocks geleë. Gaste kan kies tussen 'n B&B-opsie en selfsorgwoonstelle.

Manaar House is gewild onder toeriste en sakelui. Dié individueel versierde dubbelslaapkamers bied luuks en geireflike verblyf. Dit het en suite-badkamers met storte. Al die slaapkamers het lugversorging (verkoel en verhit). Daar is 'n DStv-dekodeerder en TV (satelliet-kanale) in elke eenheid. Gaste moet hul eie DStv-slimkaart saambring. Al die slaapkamer het internet-geriewe. Daar is 'n waaier, haardroër, yskassie, yswater, en koffie- en teemaakgeriewe in elke kamer. Die kamers het 'n dubbel- of koninggrootte-bed. Enkelbeddens kan op versoek gereël word. Al die slaapkamers het 'n privaat ingang met 'n uitsig oor die pragtige swembad-area of op 'n privaat patio en tuin.

Geniet 'n heerlike Engelse of Kontinentale ontbyt, wat elke oggend in die etenskamer bedien word, of in die geslote patio met 'n uitsig oor die swembad. 'n Wasgoeddiens is beskikbaar teen 'n klein addisionele koste.

Die pragtige Umhlanga-strande is 'n 3 minuut-rit of 10 minute se stap van Manaar House af. Die groot winkelsentrums, restaurante, gholfbane, privaat hospitale, en casino's is ook naby.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Forex

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Manaar House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za