Mandoryn Nege

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mandoryn Nege is 'n volledig toegeruste selfsorgvakansiehuis teen die kanaal in Port Owen. Hierdie luukse eiendom is aan die rustige, pragtige Weskus geleë waar jy kan ontspan en die son dophou soos hy wegsink agter die kanaal. Van hier af kan jy ook asemrowende sonsopkomste sien wat die begin van nog 'n prettige dag merk.

Die eenheid het asemrowende waterfront-uitsigte vanuit 3 van die 4 slaapkamers. Daar is 'n vermaak-area met 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea asook 'n tafeltennistafel en binnebraai. Vir diegene wat buite wil braai, is daar 'n draagbare braai wat op die stoep opgestel kan word. Die opvoudeure wat na die kanaal front, kan heeltemal oopgemaak word en dit skep die illusie van in die buitelug kuier terwyl jy in der waarheid in die vermaak-area sit.

Die Weskus is bekend vir sy uitstekende bootvaart-, ski-, kano- en "paddling"-geleenthede. Port Owen is een van die mees besoekte voëlkykplekke in die wêreld. Die dorpie het 'n paar goeie restaurante en ander klein dorpies in die omgewing sluit in: Paternoster, St Helenabaai en Tietiesbaai.

Die Weskus is ook bekend vir sy verskeidenheid watersportsoorte, soos snorkel, duik, bootvaarte, ski, kano, kajak, seil, seilplankry, vlieërbranderry en diepseevisvang. Port Owen en Admiral Eiland is beroemd onder seiljag-entoesiaste die wêreld oor. Daar is 'n paar plekke waar jy jou voet oor die drumpel steek en op 'n seiljag trap. Binne etlike minute kan jy dan seil op die kristalhelder Atlantiese Oseaan of selfs binneland toe. Die baai, waarin die Bergrivier vloei, is bekend as een van die rustigste en veiligste plekke aan die stormagtige Atlantiese kus hier aan die suidelike deel van Afrika. Die rivier gee toegang tot die kanaal met die huis wat reg aan die oewer pronk. Daar is 'n kaai wat die huis direkte toegang tot die water gee, waar jy 'n boot veilig kan vasmeer. Dit maak die plekkie aanloklik vir boot-entoesiaste.

Die laer area van die Bergrivier het bekend geword as die "hotspot" vir skaars watertrappers. Daar is min ander areas in die land waar soveel skaars watervoëlsoorte gesien kan word. Onlangse skaars spesies sluit in: kleinbloureier, hudsonbaaigriet, witkruisvleivalk en kleingeelpootruiter.

Slaapplek

'n Bespreking by Mandoryn Nege sluit in:

5 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mandoryn Nege gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false