Manhattan Penthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Manhattan Penthouse is is 'n privaat dakwoonstel bo-op die Cape Town Lodge Hotel en hiér kan gaste gebruik maak van sommige van die hotel se geriewe. Die dakwoonstel het 3 verdiepings en bied 'n dubbelvolume-plafonhoogte.

Dié tweeslaapkamer-woonstel het slaapplek vir 4 gaste. Daar is 'n koningingrootte-bed en dubbelmatrasse wat as slaapplek vir nog 2 gaste kan dien.

Die oopplan-kombuis is goed toegerus en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en wasmasjien in. Die sitkamerarea beskik oor 'n L-vorm-rusbank en 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD- en CD-speler. 'n Etenstafel met stoele word voorsien, sowel as lugversorging en WiFi.

Die woonstel spog met 'n privaat buite-Jacuzzi op die balkon met asemrowende uitsigte op Tafelberg, Kaapstad en die V&A Waterfront. Hotelgeriewe sluit 'n swembad met sonsambrele, sonstoele en 'n swembad-kroeg in. Daar is ook veilige parkeerplek beskikbaar.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Manhattan Penthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false