Manor on the Bay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Manor on the Bay Gastehuis is slegs 50 m vanaf die strand geleë in die skilderagtige Gordonsbaai in die Wes-Kaap. Dit bied bekostigbare akkommodasie, waarde vir geld en talle aanbiedings met groot afslag dwarsdeur die jaar.

Ons is 5 minute se stap vanaf luukse restaurante en Bikini Beach met sy Blouvlag-status. Gordonsbaai is 'n top toeriste-bestemming in die nabye omgewing van Kaapstad, Tafelberg, die Wynland (Stellenbosch, Franschhoek, Paarl, Helderberg), meer as 12 gholfbane en dis geleë op Roete 43, een van SA se mees skilderagtige roetes (kuspad van Gordonsbaai tot Hermanus). Ook bekend vir die Noorkapperwalvisse wat ons elke jaar besoek: Gordonsbaai, die poort na die Walvisroete, Augustus - November. Geniet die warmer seewater - ongeveer 9 grade warmer as Kaapstad se ysige waters.

Manor on the Bay se sentrale ligging bied 'n uitstekende basis vanwaar werklik unieke Wes-Kaapse besienswaardighede ervaar kan word.
Die strand is omsoom deur restaurante, koffiewinkels, kroeë, boekwinkels en snuisterywinkels almal binne stapafstand. Ons kan ook reël vir haaihokduik, visvang, duik, piekniekmandjies en sonsondergangvaarte. Gehalte restaurante is binne stapafstand en gholfbane, wandelpaaie, winkelsentrums en vele meer veilige swemstrande is maklik toeganklik. Slegs 40 minute van die Kaapstadse Internasionale Lughawe en 50 minute van die Waterfront af. Stellenbosch-wynroete is om die draai. Manor on the Bay is die ideale plek vir 'n uitstekende vakansie waar jy saans jou skoene kan uitskop en ons bekende sonsondergange oor Valsbaai kan geniet.

• Dolfyne en robbe die hele jaar deur
• Kogelbergstrand en piekniekplek en die Helderberg-natuurreservaat
• Lady Phillips Tea Garden @ Vergelegen Wynlandgoed
• Perdry en stap in die Waterkloof wingerde
• Steenbrasdam (Slegs staproetes)
• Diepseehengel
• Sonsondergangvaarte uit ons sonderlinge hawe
• Kersfeesliggie-fees
• Lwandle Hostel Museum en Kuns en Kunsvlyt Sentrum - dagtoere
• Monkey Town
• Blue Rock Cable Water Ski - krans spring, ski, knieplank ry, ziplyn, swem en piekniek
• Natuur vierwielmotorfietsritte in Grabouw
• Winter Wonderland Liggie-fees - die einde van Junie - Julie

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Manor On The Bay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false