Maple Grove Chalet
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Winding-laan 3, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 000 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Maple Grove Chalet is 'n knus selfsorg-eenheid in Hogsback wat agter 'n laning haselneutbome versteek is en met 'n uitsig oor die tuin spog. Hiér sal gaste deur die klanke van die natuur omring word en dit is ideaal vir gaste wat verblyf buite stadsgedruis soek.
Die chalet bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, Franse deure wat na 'n stoep lei en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en 'n yskas-vrieskas toegerus. Die leefarea langsaan het 'n etenstafel met bankies en 'n sitarea met gemaklike rusbanke, 'n kaggel en 'n TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n dek met draagbare braaigeriewe, sitplek en 'n privaat tuin. Gaste kan al langs die kronkelpaadjies stap of sommer op 'n bankie onder 'n boom sit en die natuur bewonder.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Lyndsay Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 81
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Winding-laan 3, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Hogsback Amathole-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Winding-laan 3, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom