Marakele Animal Sanctuary

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Marakele Animal Sanctuary is op 'n wildplaas net 9 km buite Thabazimbi in Limpopo geleë.

Die pragtige Waterberge is te sien en verblyf word gebied in 3 safari-tente. Snags kan gaste luister na leeus se gebrul, hiënas wat lag en jakkalse wat roep. Elke tent het 'n dubbel- of enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Warm water word deur 'n donkie voorsien. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring. Kragpunte is beskikbaar vir ligte en batterylaaiers, maar omdat die tente van sonkrag gebruik maak, moet gaste elektrisiteit spaarsaam gebruik. Daar is ongelukkig nie waaiers of lugversorging nie.

Die gemeenskaplike kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n gas-oond, stoof, yskas en mikrogolf. Braaigeriewe is ook beskikbaar en daar is 'n swembad.

Daar is ook 'n Tom's-kothuis met slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers. Dit is 'n heerlike eenheid op die bewaararea se gronde. Tom's-kothuis maak van sonkrag gebruik en gaste word gevra om elektrisiteit spaarsamig te gebruik. Die een slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, wasbak en toilet. Skuifdeure lei na buite. Die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-stort, wasbak en toilet. Die eenheid het 'n groot stoep en oopplan-sitkamer met 'n kaggel. Die kombuis is met 'n gasstoof, mikrogolf en alles wat nodig is vir selfsorg toegerus. 'n Weberbraai en sitplek op die stoep is beskikbaar.

Dié bewarea is die tuiste vir verskeie diere, soos leeus, tiere, hiënas, jagluiperds, jakkalse, meerkatte, muishonde, klouapies en verskeie eksotiese voëls.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Marakele Animal Sanctuary gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false