Marico River Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Marico River Game Lodge is tussen die Kromellenboogdam en die Marico-Bosveld Natuurreservaat geleë. Dit is die ideale bestemming vir oornagverblyf of 'n vakansie. Marico River Game Lodge bied gehalteverblyf met verskeie doendinge op die plaas en in die Groot Marico-area.

Die verblyf bestaan uit 'n lodge, gastehuis en privaat boshuis.

Die lodge het 2 slaapkamers en slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en 'n badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Albei kamers het lugversorging en 'n balkon met uitsig oor die patio.

Die gastehuis het 3 suites. Kamer 1 het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Kamer 1 en Kamer 2 deel 'n kombuis en leefarea.

Kamer 2 het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Kamer 4 het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Dié kamer het sy eie kombuis en leefarea.

Kamer 1 en 2 is perfek vir 2 gesinne wat deel. Al die kamers het 'n slaapbank vir 1 ekstra gas.

Die Boshuis het 1 slaapkamer en het slaapplek vir 2 gaste. Die slaapkamet het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is 'n kombuisie met 'n yskas. Hierdie eenheid het nie elektrisiteit nie, maar het wel 'n kragopwekker, 'n gasgeiser en braaigeriewe.

Dié asemrowende bosveld is op 'n 600 hektaar plaas met 'n verskeidenheid wild, voëls en pragtige sonsondergange.

Dis gerieflike selfsorgverblyf op pad na die Madikwe-vallei of Botswana.

O.R. Tambo Internasionale Lughawe is net 2 ure en 45 minute se ry vanaf Marico River Game Lodge.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler

Maaltye Aangebied

  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Marico River Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R690 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]